JOU PRIVAATHEID – ONS FOKUS



By Spec-Savers is dit ons saak van trots om nie net na al jou optometriese behoeftes om te sien nie, maar ook om jou data te beskerm. Uit respek vir jou privaatheid, onderskryf Spec-Savers, tesame met ons Beheermaatskappy KFML, en al ons filiale in die Spec-Savers Groep, die mandaat en beginsels van beide die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (Wet 4 van 2013) sowel as Artikel 51 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies (Wet 25 van 2002).


Wanneer ons persoonlike inligting by jou insamel, is dit belangrik om te weet dat:

  • Ons verkoop, verhandel of verhuur nie jou persoonlike inligting aan enige derde partye nie;
  • Enige interne verwerking daarvan is uitsluitlik ter wille van voldoening aan jou optometriese en mediese behoeftes;
  • Jou persoonlike besonderhede word slegs aangewend vir die doel waarvoor dit ingesamel word;
  • Jy is geregtig op toegang tot al jou persoonlike inligting waaroor ons beskik, en om te versoek dat dit hersien, bygewerk, of geskrap moet word; en
  • Data wat ons insamel en in stand hou, word intern en ekstern bewaar op uitgekontrakteerde databasisse met ingeboude voorsorgmaatreëls wat eweneens onderhewig is aan die voorskrifte van bovermelde wetgewing.


Jou persoonlike inligting, en hoekom ons dit nodig het om aan jou mediese behoeftes te voldoen:

  • Ons benodig jou naam en van, identiteitsnommer, kontakbesonderhede en fisiese adres om jou as ons pasiënt te identifiseer en indien Oudioloë teenwoordig is op die perseel, hulle daarvan te voorsien en jou dienooreenkomstig te kontak;
  • Bovermelde inligting word vir die aanvraag van kredietrekords gebruik (waar van toepassing);
  • Besonderhede van lidmaatskap aan 'n Mediese Skema (Mediese Fonds) waarmee ons ten jou behoewe eise kan verwerk vir optometriese voordele wat by jou relevante Skemavoorsiener ingestel is; en
  • Om jou omvattend te assesseer en akkuraat te diagnoseer, benodig ons mediese inligting wat kan insluit, maar nie beperk is nie tot, nuwe en/of bestaande chroniese toestande, bepaalde biografiese besonderhede, bevindinge en/of resultate van patologiese verslae, en enige ander algemene mediese detail wat gesondheidsorgpraktisyns van tyd tot tyd mag vereis.


ERKENNING



Ek erken en verstaan dat

  • Die Spec-Savers Groep my persoonlike inligting kan insamel en verwerk soos omskryf in hierdie dokument;
  • Slegs geregistreerde en gekwalifiseerde Optometriste sal toegang hê tot my mediese en/of kliniese inligting;
  • My inligting mag slegs gebruik word vir die doeleindes omskryf in hierdie dokument, met dien verstande dat verdere verwerking nodig mag wees in die voorkoming of versagting van 'n ernstige en dreigende gevaar vir my of 'n ander individu se lewe en gesondheid;
  • Benewens die toegestane doeleindes hierin, is die Spec-Savers Groep by magte om in historiese, statistiese of navorsingsbelang my inligting verder te verwerk, op die enkele voorbehoud dat my inligting gedepersonaliseer/ geanonimiseer word, en dat ek nie identifiseerbaar sal wees nie;
  • Die Spec-Savers Groep sal my in kennis stel van enige ongemagtigde verkryging van, of toegang tot my persoonlike inligting;
  • Die Spec-Savers Groep mag my inligting insamel en verwerk in gevalle waar sodanige inligting afkomstig is van 'n bron waaraan ek voorheen reeds toestemming verleen het, soos my mediese skemavoorsiener;
  • My persoonlike inligting kan verwerk word waar dit kragtens wetgewing nodig is om handelinge uit te voer in die afsluiting of uitvoering van verpligtinge in ‘n kontrak waartoe ek ‘n party is;
  • My persoonlike inligting kan deur die Spec-Savers Groep verwerk word indien laasgenoemde regtens daartoe verplig woord;
  • Na verlening van toestemming aan die Spec-Savers Groep, is ek by magte om sodanige toestemming op enige tyd te herroep, vanaf welke datum die Spec-Savers Groep nie geregtig sal wees op toegang tot my inligting nie;
  • My toestemming is geldig vanaf die datum en tyd wat ek dit uitdruklik verleen, en bly geldig totdat ek dit herroep, of tot my afsterwe;
  • Ek aanvaar dat my toestemming die Spec-Savers Groep nie verantwoordelik stel vir enige verlies of skade (direk of indirek) wat mag ontstaan uit die gebruik van my inligting nie, behalwe as dit vloei uit growwe nalatigheid en bedrieglike optrede deur die Spec-Savers Groep;
  • Ek het 'n geleentheid gehad om hierdie dokument te lees en myself ten volle met die inhoud en betekenis daarvan te vergewis;
  • Sou ek my toestemming weier of herroep, verbied ek die Spec-Savers Groep se gesamentlike interne vermoë om my optometriese en mediese behoeftes te beskerm en te bevorder; en
  • Bepalings en voorwaardes hierin vervat is onderhewig aan verandering van tyd tot tyd, welke nuutste bepalings geraadpleeg kan word by www.specsavers.co.za.


INSTEMMING



Bevestiging van persoonlike en mediese fonds-besonderhede wat 'n afspraak voorafgaan, word geag toestemming vir die volgende te wees:


  1. Spec-Savers se optometriese diensverskaffer se gebruik van persoonlike inligting wat ek vrywillig op die aansoekvorm vir pasiëntdienste voorsien het, sowel as die mediese data van my konsultasie, soos vereis tot die nodige mate van toepassing op my algemene gesondheid, en optometriese sorg in die besonder: 


  1. 1 om soos nodig te kontroleer of ek 'n lid of begunstigde in goeie stand met my aangewese Mediese Skema is;
  2. 2 om navrae oor my kredietrekord te rig, waar van toepassing;
  3. 3 om die optometriese voordele van my Mediese Skema-opsie te bepaal;
  4. 4 om oor my diagnoses en kliniese en/of mediese inligting oor my konsultasies te beskik en bekend te maak aan my, my mediese skema, leweransiers, oftalmoloog of enige ander verskaffer van gesondheidsorg tot die vereiste of nodige mate van toepassing op die hersiening en assessering van my behoeftes vir optometriese of algemene gesondheid;
  5. 5 om, waar van toepassing, eise aan my Mediese Skema of Versekeraar te rig, vir optometriese dienste en toestelle wat aan my gelewer is;
  6. 6 om my persoonlike inligting in elektroniese formaat op 'n derdepartyverskaffer se sentrale databasis hier plaaslik of oorgrens te bewaar, met dien verstande dat die derdepartyverskaffer dieselfde beperkings opgelê word en aanvaar, en dat maatreëls ter voorkoming van onwettige toegang uitgevoer word;
  7. 7 om my naam en van sowel as kontakbesonderhede aan die Oudioloog op die perseel (waar van toepassing) te voorsien, ten einde hulle dienste aan my te bemark;
  8. 8 om my gedeïdentifiseerde of geanonimiseerde persoonlike en/of mediese inligting intern met die Spec-Savers Groep te deel; en
  9. 9 om webverkeer te monitor; vir statistiese doeleindes; vir promosie- en bemarkingsdoeleindes en vir verdere kliniese evaluering.


  1. Ek gee toe dat ek my toestemming alleenlik op uitdruklike, skriftelike versoek kan herroep, waarna beskikking oor my persoonlike inligting uitsluitlik vir voorgeskrewe statutêre doeleindes en tydbepalings mag geskied.


  1. My Spec-Savers optometriese diensverskaffer, sy franchisegewer of verwante entiteite binne die KFML Groep van Maatskappye sal internasionaal aanvaarde sekuriteitstandaarde handhaaf ter voorkoming van onwettige toegang tot my persoonlike inligting wat aan hulle bekend gemaak is of verkry is tydens konsultasies met myself of enige ander verskaffer van gesondheidsorg van my keuse met wie hulle saamwerk ter wille van voldoening aan my mediese en optometriese behoeftes.